question-circle Baba Masels

6 years 9 months ago #266273 by Joanne23
Replied by Joanne23 on topic Re:Baba Masels
Dankie almal, dit was gelukkig 'n baie ligte geval en hy is nou weer piekfyn.

[link=http://daisypath.com] [/link]
[link=https://lilypie.com] [/link]
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 9 months ago #266260 by LouiseMarie
Replied by LouiseMarie on topic Re:Baba Masels
Hallo - my dogter het dit op 6 maande gekry. Met my meisiekkind het dit begin soos n rash... toe begin koors ook so vir 2-3 dae. Toe die koors gebreuk het, toe begin die eintlike uitslag... dit was ORALS! Tussen haar privaat lippies, haar kieliebakkies, agter haar ore - selfs haar gesig! Ons nie geweet wat aangaan nie...

Pediater het toe gese dis babamasels en dat babas wat begin kruip dit veral kry. Jy kan niks doen behalwe stropie gee vir die koors. So aaklig soos dit lyk, dit gaan weg na so 10 dae...

Sterkte!!!

Sent from my HUAWEI G510-0100 using Tapatalk

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 9 months ago #265631 by Joanne23
Replied by Joanne23 on topic Baba Masels
Hi Clueless,

Ek het actually Hand, Foot and Mouth disease gehad terwyl ek swanger was so ek dit. Die uitslag lyk egter glad nie soos dit nie. Die koors het gisteraand al gebreek en is nog steed onder beheer.

Die uistlag lyk soos kant as dit sin maak. Ek het intussen gaan google en ook my skoonsussie gevra (haar seuntjie het dit ook op sewe maande gehad) en dit klink al hoe meer soos baba masels. Ek sal hom maar dophou en as dit nie teen more of vrydag verbeter nie of as die koors weer begin hom dokter toe vat.

Dankie ek hoop ook hy voel gou beter.

[link=http://daisypath.com] [/link]
[link=https://lilypie.com] [/link]
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 9 months ago - 6 years 9 months ago #265627 by Clueless
Replied by Clueless on topic Baba Masels
Hi Joanne,

Ek is geen expert nie, maar dit klink nogals soos baba masels. Hoe lyk die uitslag?

Fifth disease en Hand, Foot and Mouth disease (Google dit, dit klink eintlik baie erger as wat dit regtig is) begin ook albei met n koors en dan n uitslag nadat die koors gebreek het, maar die uitslag lyk anders as wat mens in roseola (baba masels) sal kry. Maar in die algemeen is nie een van bogenoemde 3 virusse baie ernstig nie, solank die koors onder beheer gehou word, en baba genoeg drink. Mens kan in elk geval niks aan n virus doen, behalwe om simptome te behandel nie.

My dogtertjie het op so 9 maande skarlakenkoors gehad. Dit is n bateriele infeksie, en volg gewoonlik na n seer keel of oorinfeksie (streptococcus). Die uitslag was egter dieselfde tyd as die koors, en die koors het nie verbeter tot sy nie op antibiotika was nie. Skarlakenkoors is ook nie meer vandag n massiewe probleem nie, solank dit vinnig gediagnoseer word en die regte antibiotika gegee word.

Baie sterkte, ek hoop jou seuntjie voel gou beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 9 months ago #265605 by Joanne23
Baba Masels was created by Joanne23
Hi,

Kan iemand dalk vir my raad gee oor Baba Masels. My seuntijie is nou sewe maande en het nou vir drie dae lank 'n koors gehad, die koors het uiteindelik gisteraand gebreek, maar nou het hy 'n uistlag op sy arm en been.

Ek het op google gelees dat baba masels se uitslag agter in die nek en op die romp voorkom. Kan dit nog steeds baba masels wees of iets anders?

[link=http://daisypath.com] [/link]
[link=https://lilypie.com] [/link]
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account