× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

11 years 6 months ago #155565 by Driekie
Ag shame neeeeee - shoegies!!!!Nou sal Marinus die een baba wees was vasklou!!!Ek hoop regtig hy kom gou vir jou part!!Miskien moet jy vanaand vir hom vertel hoe oulik en mooi sy kamer is!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #155564 by Kinderelomelo
Ai Driekie, dis nou hartseer. Ek ken nie die hele storie nie maar ek glo jy het jou bes gedoen. Dis nou hulle wat later moet regmaak met die Here daaroor. Jou gewete is skoon. dankie vir die Fertomid aanmoediging. Moet se die hot flushes vang my nogals maar ek is ook siek so wonder of ek nie koors het nie. Het nou net 'n Corenza gedrink maar nou wil ek by my tafel slapies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #155561 by marie r
Hallo Julle

Het probeer opvang, maar ek het nou weer omtrent alles vergeet. Want ek vang in sulke stukke op.

Driekie, ai tog. Weet net jy het alles in jou vermoë gedoen wat jy kon doen en dit is hulle wat eendag verantwoording daarvoor moet gaan doen. Maar dit is my gat se deksel dat hulle nie enige vorm van voorbehoeding gebruik het nie. Konsentreer nou op jou gesin en boeta wat een van die dae sy opwagting gaan maak. Strongs girl.

Wel, Dr is nog tevrede met Marinus se groei en alles. Hy weeg al om en by 3.4kg. Die dr het vandag die scan baie vinnig gedoen, want hy't 'n oproep gekry dat een van sy ander pasiente al 7cm ontsluit is, so hy moes hardloop. Moet hom volgende week en Dinsdag weer gaan sien as boeta nog nie opgedaag het nie. Het hom gevra oor induksie en hy doen eers induksie op 41 weke. Weet julle hoe ver is 41 weke nog..... Hopenlik besluit boeta om darem voor dan sy opwagting te maak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #155543 by Driekie
Dankie julle!!!!Ek het haar so n biki n piece of my mind gegee want al die nommers en name wat ek haar gegee het, wou sy he ek moes die mense laat weet..toe se ek net vir haar sy moet dit doen want dis hulle besluit en gewete nie myne nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #155528 by sexy~hexy
Wat het hulle gedink gaan gebeur sonder protection :blink:

En hulle kon vir iemand anders 'n bondeltjie liefde gegee het...maar nee....

Maar soos Ankia se, jy het gedoen wat jy kon...

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #155524 by Driekie
Weet jy Hexy - ek voel nes jy!En weet jy wat - skuus dat ek so blatant is maar ek voel net dis plein slegtigheid!

Die rede hoekom sy haar eerste kind gehad het was kamstig oor sy "vergeet" het om haar pille te drink..maar sy maak dit baie obvious dat wanner okal ek iets het of kry wil sy dit ook he...
Ek het haar HOEVEEL keer gese kinders grootmaak is nie speletjies nie..maar wat weet ek...
En nou kan sy nie haar kind hanteer nie en verwag almal anders moet dit vir haar doen...
Sy het aan my self genoem..."sy sien nie kans vir nog 9maande nie"....maar vergeet dit wat daarna kom

Hulle het geweet hulle kan dit nie bekostig om nog kinders te he nie...maar syt nie haar pille gedrink nie..want ek het nie weer voorbehoedpille gedrink na ek met Markus swanger was nie...ek het dit gedoen juis oor ek geweet het dis n probleem by my om swanger te raak, maar as ek sou raak dat ek die 2de kind kan bekostig..ok HOEVEEL keer vir haar verduidelik

En dan hulle derde verskoning..oor sy vroeg gebore is en n shunt dra om die vog van haar brein te dreineer....sy het bevestig by haar brein-spesialis en gynae gekry dat dit nie swangerskap sal beinvloed nie en sy het haar eerste kind vol-termyn gedra en klein Zarenay is heeltemal normaal sonder enige gesondheids issues

Skuus ek blaas so af!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #155523 by Goggatjies
Ai driekie, dit is baie sad om te hoor.
Onthou net jy het alles gedoen wat jy kon!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account