× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

11 years 4 months ago #155634 by Nessie
Hallooooo Dames! Hoe gaan dit?

Sjoe! Ek was alweer te lank terug hier gewees!
Wats nuus by julle? Is maar steeds stil hier, geen nuwe nuus nie!

Ek en DH is weer op die TTC, blykbaar het ek net n maand om swanger te raak aangesien DH n baba wil he op sy B-Day :cheer:
Geen druk nie ne!

Me - (26) 10/04/85
DH - (30) 13/12/81
TTC first LO since - Dec 08

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #155625 by Goggatjies
Ek kan darem oor so 40min ry, wens dit was al 16:30
Moet nog hoor of hubby vir William gaan oplaai en of ek moet

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #155621 by Kinderelomelo
arghhh, die dag moet nou klaarmaak, ek wil gaan slaap. Nog baie werk wat voorle. Husitoe ry, Kids optel, kosmaak, skoonmaak dan eers bed. MOEG!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #155619 by marie r
Klippie, ek sien nie kans vir die kasterolie nie.

Ek weet ook nog nie wat ek vanaand gaan maak om te eet nie. Is lus vir regte kafee slap chips & russians, maar ek weet ek gaan weer na die tyd les opsê met SOOIBRAND. Maar gelukkig werk Gaviscon nog vir my.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #155618 by Cornel
elrike ~ met dh by die huis vorder ek maar stadig...... ek is nie haastig nie,sal maar weer aan hom kom werk sodra ons terug is van die sa. Moet nou eers bietjie die brein laat rus,anders maak ek net nonsens droog......

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #155613 by elrike02
Hi skies, ek het 'n klomp posts gemis!
Driekie - ek is so hartseer om te lees wat jou skoonsussie-hulle toe besluit het. Ai, hulle sal maar eendag moet verantwoording doen by die Here. Darem het jy jou bes probeer! Soos jy ook se, mens kan die perd tot by die water vat, jy kan hom nie maak drink nie!

Marie_r - jong jou tyd raak nou min! Hopelik kom jou baba gou!!! Hierdie laaste ruk dink ek is, is die ergste.... veral as dit so warm is!

Hi Cornel, ek is seker jy tel die slapies 1 vir 1! Lekker!!!! Hoe gaan dit met jou kruissteek? My prentjie wat ek uitwerk...is so te se amper klaar!!! Sal 'n foto post sodra hy klaar is!

Ek haat AF, want my vel lyk soos 'n tiener sin!!!! Argh! Dit is aaklig!

Hi Ankia, Hexy, 2kidmamma, en almal wat ek vergeet het... Mooi dag - ek moet gou besluit wat gaan ons eet vanaand... Hierdie Low-GI dieet maak my moeg, want ek het 90% van die goed wat ek nodig het, nie in die huis nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #155609 by klippie
Drixter, dis baie sleg van jou skoonsussie, maar jy is nie verantwoordelik nie - hulle sal eendag moet verduidelik....so berus nou en konsentreer op jou eie babatjie.

Julle, ek het uitgevind mens mag nie meer in dompelaar in RSA koop nie - die SABS het dit verban omdat dit onveilig is, want dit skakel nie self af nie, so ek sal maar van oorsee moet bestel :-(

Marie, boererate wat ek al gehoor het is dat jy moet spyker - dit sal help dat Marinussie vinnig kom. My vriendin se gynie het gesê sy moet kasterolie en lemoensap drink - sy het dit probeer maar toe ots sy alles uit, so ek weet nie of dit regtig werk nie. Sy het ook toe maar 'n induksie gekry, maar op haar due date, sy hoef nie te gewag het nie.

Groetnis!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account