× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

6 years 2 months ago #245331 by baby
Hello almal

Hopeful - :woohoo: wow! Baie sterkte vir more. More aand is jy 'n mamma!!!!

Bell - baie sterkte by die fs. Daar is altyd nog hoop. Ek hoop hy gee vir jou goeie antwoorde.

Kayla - Ek hoop daar is dalk nog 'n verrassing vir jou in die pyplyn. Sal duim vas hou.

Hello aan almal anders - vir die wat met 'n nuwe plan begin hierdie jaar, mag dit 'n groot sukses wees. Moet net nooit ophou glo en vertrou nie, maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Ek wil graag aan almal wat in die gauteng area is 'n voorstel maak om Dr Muhammed by Sandton Clinic te gaan sien. Ek weet daar is al 'n paar negatiewe goed oor hom gese en hy is wel nou 'n indier en die mans aanvaar dit moeilik, maar hy is briljant.
Ek was vir 6 maande by 'n vorige kliniek sonder enige sukses en net meer hartseer. Ek was die 11de Oktober vir my eerste afspraak by Dr Muhammed en 13Nov het ek my bfp gekry. Hy het ook my skoonsus wat 4 jaar gesukkel het in die eerste maand swanger gekry en ek ken nog 'n girl wat 8 jaar gesukkel het en by baie dokters was en uiteindelik by hom swanger geraak het.

AFM - kan dit nie glo nie, maar is uiteindelik 12 weke!!! :woohoo: Daar begin nou 'n klein boepie, maar nie so dat ander mense dit kan sien nie. Ek sal aan die einde van die week weer 'n scan foto he om op te sit. Ek het ongelukkig nooit verlof gehad nie, so ek werk nog reg deur. :S Maar ek dink net aan daai 4 maande in Julie wat ek gaan afhe.

TTC since Feb 2012
Me: 26
DH: 31
Me: PCO
DH: sperm antibodies

23 October: 5mg Femara
11 October: 1 Follicle 18mm Ovidrel trigger
2 November: IUI
3 November: IUI (Ovulation confirmed)
7 November: Start Cyclogest
13 November: BFP!!!!!
Jan '14 12 weeks pregnant

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 2 months ago #245336 by YolindyJ
heeeyyyyy al julle pragtige dames :P

sooooooo...... EK HET GOEIE NUUS!!!!!!!! :woohoo:
Ek is SWANGER !!!!!!!!!! vandag 7 weekies en 1 daggie.

Was dit nou 'n blerrie goeie verrasing!!!
Het op my 2de dag van ons Kaap vakansie uitgevind. EK kan dit nogsteeds nie glo nie, dit voel nog baie onwerklik. dink met daai 1ste scan sal ek meer gerus voel. en my due date is 24 Augustus. 2 dae voor my verjaarsdag :laugh:

my simptome is BAIE moeg, borste BAIE seer, het laasweek begin morning sickness kry en dit raak elke dag erger, en dan is ek ook bietjie emosioneel. Maar ek kla GLAD NIE. Ek ontvang dit met ope arms...want oor 7 maande sal dit als die moeite werd wees!!!

En dit als nou 3 weke nadat ek by die ginekoloog was, en hy vir my gese het ALS is fine met my :whistle:

Die keer het dit net "anders" gevoel. Gewoonlik wag ek 'n week of 2 voor ek toets, maar die keer het ek net 'n dag gewag. ek het net 'n feeling gehad.

Nou hoop ek regtig dat 2014 ook die jaar vir almal van julle sal wees!!!! Ek bid vir elkeen van julle.

xxx Liefies Y xxx

ME: 24
DH: 25

TTC : SINCE SEPT 2012

JULY 2013: FERTOMID
AUG 2013: FERTOMID
SEPT 2013: FERTOMID

DEC 17 2013: BFP X 3 (CLEARBLUE DIGITAL) 4 WEEKS

7 JAN 2014: BLOOD TEST 7 WEEKS

20 JAN 2014: FIRST SCAN 9 WEEKS
2.3 cm lank en heart rate 163bpm

17 FEB 2014: SECOND SCAN 13 WEEKS

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 2 months ago #245339 by Chrizzie
Baie geluk Yolindy! Hoop jy het 'n voorspoedige en gesonde swangerskap!

Hopeful! Sien so uit om foto'tjie te sien! Sterkte vir môre! :heart:

Jammer Kayla! :cry:

Bea, sterkte met die skratch!

Bell, sterkte met die besluit! As ek jou kan raad gee- ek is spyt dat ons tyd gemors het met KI/IUI...

Hoop dit gaan goed met almal!

AFM: Ek het my laaste wekie van vakansie-tyd het gevlieg! Verder niks nuus nie. Nuwejaarsvoornemens is om nou weer lekker te begin draf!

Lekker week vir almal verder! :heart:

TTC since January 2011
Me -30, PCOS - not ovulating
DH- 30, everything fine
#1 IUI June 2012 BFN
Hysteroscopy and Laparoscopy March 2013
#2 IUI June 2013 BFN
#3 IUI July 2013 BFN
#1 IVF ICSI September 2013 BFN (4 frosties)
#2 IVF FET - December 2013 BFP, early mc
#3 IVF FET - December 2014 BFP! Praying for our miracle!
EDD: 31 August 2015
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 2 months ago #245344 by Dellie
Hopeful - baie sterkte vir vandag - ek glo en vertrou alles sal goed afloop en binnekort hou jy jou poppies vas.
Kan nie wag vir 'n fototjie nie!

Debs - hoe gaan dit nou met jou en hoe is die senuwees vir Donderdag?

Kayla - ek hoop daar is vir jou 'n verrassingtjie.

Bell@ - sterkte met hierdie siklus - bid so hard vir jou maatjie! Maar as dinge nie nou uitwerk nie, glo ek die FS
gaan vir jou beter antwoorde gee en 'n oplossing xx

Yolindy - dis nou regtig wonderlike nuus - baie geluk en mag jy 'n gesonde swangerskap he. Ons is so saam
saam - my due date is sover 28 Augustus - ek is nou 6 weke 5 dae swanger na my eerste KI/IUI gewerk het.

Baby - sjoe al 12 weke! Jy sal seker binnekort al kan sien of dit 'n pienkvoetjie of blouvoetjie is? Hoe voel jy
andersins?

Aan al die ander dames - Halloooo!

AFM - Is baie naar - gisteroggend vir die eerste keer moes hardloop om 'n kat te skiet! Nog nie weer nie maar
net baie naar. Ek eet marie beskuitjies en gemmer koekies dat dit klap - dit help nogal bietjie. En drink baie
water.Borste bietjie gevoelig en voel baie bloated en dan baie moeg - maak nie saak hoeveel ek slaap nie,
ek bly net eenvoudig baie moeg. Maar - dis alles deel van 'n wonderlike en baie spesiale ervaring. Ek sien uit
na die 17e Januarie se besoek aan die FS - dit sal my laaste een by hom wees en dan skuif ek oor na my
gewone gynie - ek sien haar dan weer op 12 weke! Mens se brein werk mos maar bietjie oortyd - ek worry
elke dag of alles okey is! My man se juis vanoggend - hy kan nie wag om volgende
week weer die outjie te sien nie (wonder of hy iets weet wat ek nie weet nie!) Maar alle pappas wil seker maar 'n
seuntjie he. Ons gee eintlik nie om nie - solank dit 'n perfekte en gesonde klein bondeltjie is!

Hoop julle almal het 'n wonderlike daggie

xxx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 2 months ago #245347 by Bytjie
More almal. 'n Baie voorspoedige en geseende 2014 vir ieder en elk van julle.

Hopeful, voorspoed met jou keiser vandag. Nog net 'n paar uur dan is daai twee kleine poppies in jou arms.

Debs, jou beurt is mos Donderdag. Sterkte met dit.

Dellie, bly om te hoor als is mooi on track met jou swangerskap.

Baby, sjoe is jy alweer 12 weke, die tyd het omtrent gevlieg.

Bell, ek hou alles gekruis dat dit jou maand is hierdie, maar as dit nie so beskore is nie, hoop ek dat die FS julle sal kan help.

Kayla, ek hoop jy kry Vrydag 'n BFP.

Bea, voorspoed met daai scratch.

Lagogies, as jy jou oe uitvee dan is Maart alweer hier.

Chrizzie, vat julle nou 'n breuk van TTC of is daar al 'n nuwe PVA.

Zettie, hoe werk daai pille vir jou.

Zarah, my Makro maatjie :evil: , hoe gaan dit met jou.

Stella, hoe gaan dit met jou en kleintjie.

Hexy, nog net 'n week en dan huil jy seker jou oe uit oor seuna wat nou moet skool toe ne.

Al die ander wat ek vergeet het, hallo en ek hoop dit gaan goed met julle almal.

Ek is nog met vakansie, begin eers Maandag te werk. Ek sal dan weer lekker opvang met almal en alles.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 2 months ago #245348 by StellaK
goeie more dames,

Yolindy, dis fantastiese nuus. baie geluk!!
mag jy 'n wonderlike gesonde swangerskap he

Hopeful, sterkte vir vandag. gaan heeldag aan jou dink.
en mag jy daardie 2 dogtertjies vreeslik geniet

Dellie, sterkte met daardie moegheid, dit was vir my die heel ergste.
ek was 8 weke lank so vrek moeg gewees.

hallo en 'n groot druk vir elkeen van julle

ek was gister terug by die werk, en dinge het maar stadig aan die gang gekom.
dinge gaan baie goed by my en met kleine boetjie-baba. ek voel hom al meer en my maag het ook sommer baie gegroei oor desember.
ek het die kamer uitgesorteer oor die vakansie en het ook vir al die junk ander plekkies gekry - nou is daar al plek vir 'n baba in ons huis. moet nou nog die bed skuif en die kot gaan haal, dan sal dit soos 'n baba kamer lyk.
ons gaan more weer dr toe en ek sien baie uit daarna.
het ongelukkig nogsteeds nie kans gehad om deur ons vakansie fotos te kyk nie, so ek sal vir julle kom foto's wys so gou moontlik

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

6 years 2 months ago #245351 by Debs
More julle! Ek kani nou personals doen nie :( maar wil darem net in d besonder vir hopeful se baie sterkte!!!! Hoe voel jy?? En vir die 3 BFP's geluuuuuukkk!!!!!!!! Mag dit n goeie en geseende swangerskap vir elkeen can julle wees! Al d ander met of terug van vakansie, die met pva's en die wat wag op nuus -baie sterkte en halloooo en liefde!!

Afm: Hyt so mooi gegroei! 315g opgetel in 6 daggies!! Hy weeg nou 2.65kg. So ons sien dokter Maandag weer dan as daar nie n probleem is nie stretch ons tot die 20ste toe (original keiserdatum) andersins volgende Donderdag die 16de. DH is disappointed dat hy nie al oormore n pappa kan wees nie maar nou ja dis beter vir Aiden liefie :)

Me: 30
DH: 32

Nov 2012 - Off Yasmin (8.5 years on BC)

Nov 2012 - Feb 2013 Not TTC

Mar 2013 - TTC BFN

April 2013 - TTC BFN

23 May 2013 - BFP!!!!! 4w1d
EDD 29 Jan 2014
C-section date 16 Jan 2014

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account