Spaar vir baba terwyl jy probeer swanger raak Featured

Mernicia Manders (22) is na twee jaar swanger en het reeds vir haar baba begin spaar.

Hoe oud is jy?

Ek is 22 jaar oud.

Hoe lank het julle probeer swanger raak?

Ons het vir langer as twee jaar probeer.

Wat was julle reaksie toe jy uitvind jy is swanger?

Ek het in trane uitgebars. My verloofde het ook begin huil van blydskap toe ek die wonderlike nuus met hom deel.

Hoe het jy gevoel toe jy vir die eerste sonar gaan, kon jy die hartkloppie hoor?

Ek was baie senuweagtig voor my eerste sonar. Ek was bang daar is iets fout met ons baba. Maar alles was perfek toe ek daar was op 11 weke. Ek het sommer begin huil toe ek ons baba sien beweeg op die sonar. Ek kon die hartklop ook mooi duidelik hoor.

Wat was jou eerste simptome dat jy swanger is?

Behalwe vir die mees algemene simptoom dat my maandstonde laat was, was my borste ook baie seer. Dit het sommer gevoel of dit vreeslik geswel is. Ek het ook vreeslik naar geword vir kos en sekere reuke.

Het jy enige morning-sickness? Indien wel, wat is jou raad daarvoor?

Ja, ek is byna elke dag, die heeldag lank naar. Wat vir my help vir die naarheid is Lays se lightly salted skyfies.

Het jy enige cravings?

Ek het nie op die oomblik enige spesifieke cravings nie. Meeste van my gunsteling-kosse maak my vreeslik naar, veral vleis. Ek raak gereeld lus vir jogurt, Yogisip en Otees pap.

Hoe begroot jy vir jou baba?

Ons begroot nie op die oomblik nie, maar ons skaal wel af op luukshede en koop ook minder wegneem-etes. Ons gebruik nou daardie geld op baba-produkte en -klere.

Wat was die eerste ding wat jy vir jou baba gekoop het?

Ek het al klere vir my baba gekoop en ’n dra-/karstoeltjie.

Het jy 'n mediese fonds?

Ek het ongelukkig net verlede jaar van my mediese fonds af gegaan. Gelukkig is hier waar ek bly ’n fantastiese en bekostigbare baby clinic.

Beplan jy om normaal te kraam of verkies jy 'n keiser? En hoekom?

Ek sal graag normaal geboorte wil gee. Ek dink dit is baie spesiaal. Ek hoor ook dat dit nie so seer is na die tyd soos met ’n keiser nie.

Wat is jou wense vir jou kind eendag?

My wense vir my kind is dat hy baie gelukkig sal wees, sy beste sal gee in alles wat hy doen en nooit sal opgee nie. Dat hy al die liefde sal kry wat ’n kind verdien. Altyd veilig sal wees en sy drome bereik.

Lees  Bright Rock - Love Change-artikels, hoe om te begroot vir jou baba:

How much does it cost to have a cash baby?

How to beat the baby budget blues.

The crazy, joyful business of planning for twins.

Read 1253 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account