Vat elke dag soos dit kom - "ek begroot nie" Featured

Ruxanne Hancock, ’n Moomie-ma, vat dit soos dit kom en begroot glad nie vir haar kinders nie.

Hoeveel kinders het jy?

Ek het twee kinders.

Waar het jy geboorte gegee?

Ek het by ’n privaat hospitaal geboorte gegee.

Waarom het jy besluit op bogenoemde hospitaal?

Die grootste rede was omdat ek medies gehad het.

Wat was jou ondervinding by hierdie hospitaal?

Die verpleegsters was behulpsaam en menslik teenoor my.

Het jy 'n mediese fonds?

Ja, ek het.

Hoeveel het jou besoeke aan die ginekoloog gekos?

Ek kan nie meer onthou hoeveel het dit gekos met my eerste swangerskap nie. Met my tweede swangerskap was dit ongeveer R7 500.

Hoe het jy geboorte gegee?

Albei was ’n normale geboorte.

Hoeveel het dit gekos?

Met my tweede bevalling het dit ongeveer R22 100 gekos, waarvan die medies alles gedek het.

Hoe het jy begroot vir al die ekstra mediese uitgawes?

Ek het nie daarvoor begroot nie.

Hoe het jy begroot vir jou baba?

Ek het ook nie begroot vir my kinders nie.

Het julle begin begroot voor jy swanger geraak het?

Nee, ons het nie.

Het jy enige advies vir ma’s hoe om te begroot vir hulle baba’s?

Nee, want ek vat elke dag soos dit kom.

Lees  Bright Rock - Love Change-artikels, hoe om te begroot vir jou baba:

How much does it cost to have a cash baby?

How to beat the baby budget blues.

The crazy, joyful business of planning for twins.

Read 698 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account