Lewe eenvoudig en bekostig jou baba Featured

Lize Schlebusch 'n Moomie-ma en voel kinders moenie aan geld gemeet word nie.

Ons het met haar gepraat oor hoe sy begroot vir haar baba.

Hoeveel kinders het jy?

Ek het twee kinders. My dogtertjie is 20 maande en my seuntjie is drie weke oud.

Waar het jy geboorte gegee?

Ek het ’n tuisgeboorte by ’n geboortehuis gedoen met ’n vroedvrou.

Waarom het jy besluit op ’n tuisgeboorte?

Ek wou graag ’n watergeboorte hê. Dit was goedkoper as om by ’n privaathospitaal te kraam. Selfs al het ek ’n mediese fonds, is die bybetalings soveel meer dat hierdie roete vir ons goedkoper uitgewerk het. Ek kon ook my hele familie by my hê en ek kon dadelik huis toe gaan na die tyd.

Wat was jou ervaring met ’n tuisgeboorte?

My ervaring van die tuisgeboorte was amazing. Dit is baie meer informeel en nie so klinies nie. Die omgewing laat jou tuis en op jou gemak voel. Jy kry individuele aandag van jou vroedvrou en doula. Jy is nie net ’n pasiënt soos wat by ’n hospitaal die geval sou wees nie. My ouers, broer, dogtertjie en man kon ook by wees wat dit ’n lekker family affair gemaak het.

Het jy 'n mediese fonds?

Ja. Ek is op Discovery Keycare Plus wat eintlik ’n glorified hospitaalplan is. Jy kan net seker dokters kies. Dit maak dit nogal moeilik veral met ginekeloë; jy wil tog iemand kies met wie jy gemaklik voel.

Hoeveel het jou ondersoeke gekos?

Back-up gynae se bybetaling was R500. Hy is op die Keycare-plan, so dit was die goedkoopste. Indien ek van ’n ander ginekoloog gebruik sou maak (ek verkies ’n vrou), sou dit my oor die R8 000 aan bybetalings gekos het. Die vroedvrou se fooie is R500 per konsultasie. Ek het vir vier konsultasies gegaan, dus R2 000. Die bevalling was R13 000. Dit sluit ook drie tuisbesoeke in na die geboorte. Discovery het R8 000 daarvan betaal.

Hoe het jy begroot vir al jou ekstra medies uitgawes?

Ons probeer maar elke maand ’n geldjie spaar. Ons kon ook ’n afbetalingsplan met ons vroedvrou reël. Dus het ons nie nodig gehad om als op een slag te betaal nie.

Hoe het jy vir jou baba begroot?

Ons het nie vir baba begroot nie. Babas is nie besigheidsartikels wat mens in geld meet nie.

Het julle al begin begroot voordat jy swanger geraak het?

Oor die algemeen leef ons eenvoudig en maak min gebruik van luukshede. Bv. ons het nie DStv of ’n bediende nie. Ek borsvoed en gebruik lapdoeke. Om spaarsamig te lewe, is ’n lewenswyse.

Het jy enige raad vir ander ma’s hoe om te begroot vir hulle babas?

Moenie jou kinders in geld meet nie. Hulle is priceless. Leef spaarsamig, moenie onnodig luuks wil wees nie. Die Here voorsien en jy sal sien dat als sal uitwerk.

As jy jou finansiële beplanning anders kon doen, sou jy en hoe?

Nee, ek dink ons het goed gedoen. Ek voel gemaklik met waar ons tans staan t.o.v finansies. En ons het nie eers ’n groot inkomste nie, aangesien ek ’n tuismamma is. Mens moet net nie wil fancy wees nie.

Lees hierdie Bright Rock - Love Change-artikels oor hoe om te begroot vir jou baba:

How much does it cost to have a cash baby?

How to beat the baby budget blues.

The crazy, joyful business of planning for twins.

Read 668 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account