Baba van die week - Jadrian Schlebusch Featured

Jadrian (twee maande) is ’n hartedief en maklike baba, vertel sy mamma.

Hoe slaap Jadrian oor die algemeen?

Hy slaap soos ’n droom. Baie aande word hy net een keer wakker, gewoonlik so rondom 03:00. Soms slaap hy sommer deur en word eers 06:00 wakker.

Hoe verloop sy roetine gedurende die dag?

Hy drink, ek ruil sy doek en dan lê hy en “speel” dan bietjie voordat hy weer aan die slaap raak.

Waarvan hou hy gald nie?

Hy hou niks van badtyd nie. En soos alle baba’s maar is, hou hy ook nie van ’n nat doek nie.

Watter melk drink hy?

Ek borsvoed hom op die oomblik.

Hoe raak hy aan die slaap?

Hy is gelukkig maklik wat dit betref. Soms raak hy sommer in my arms aan die slaap. Ander kere raak hy op sy eie aan die slaap in sy bedjie.

Beskryf hom in vyf woorde.

Lagbekkie, grootseun, hartedief, sensitief, maklik. 

Jadrian het ’n sussie van 22 maande. In watter opsig is hulle twee dieselfde?

Albei was rustige babas.

Read 789 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account