Ons het sy mamma, Lise Vermaak, ’n paar vrae oor hierdie vriendelike seuntjie gevra.
Hoe slaap Juvan?
Deur die nag word hy net een of twee keer wakker en slaap van 30 minute tot twee ure op ’n slag deur die dag.
Het hy al begin tande sny?
Nee, hy het nog nie tande nie.
Hou hy van badtyd?
Juvan is mal oor badtyd.
Waarvan hou hy glad nie?
Hy wil glad nie alleen wees nie. Hy wil ons die heeltyd sien en hoor.
Wat laat hom lag?
Hy lag te lekker as ons vir hom gesig trek of as hy gekielie word.
Watse melk drink hy?
Ek het geborsvoed tot op vier maande. Hy drink nou formulemelk.
Hoe raak hy aan die slaap?
Hy wil gesus word. As dit nie werk nie, loop ek met hom rond in die huis. So raak hy dan aan die slaap.