Kleuter van die week...Lian Vermaak Featured

Lian (21 maande oud) is ’n energieke en besige, maar vriendelike seuntjie, vertel sy mamma, Lise Vermaak.

Hy speel met alles behalwe speelgoed. Wanneer Mamma in die kombuis besig is om kos te maak, is sy aandag by haar. En as Pappa in die tuin werk, wil hy weer daar graag handjie bysit. Lian se aandag word ook getrek as daar kinders of diere, veral honde, op die televisie verskyn.

Wanneer hy oormoeg is, maak hy maar soos meeste kinders en huil dat die trane oor sy wange stroom. Sy spoegdoek is dan waarmee hy die graagste slaap. Sy gunsteling-kos is enige vorm van aartappels.

Hier is Lian se mylpale:

Sit – Op ses maande kon Lian al op sy eie sit.

Kruip – Hy het op agt maande begin kruip.

Loop – Op 11 maande het Lian begin loop en van toe af het ons omtrent ons hande vol.

Eerste woord – “Hallo” was sy eerste woord toe hy tien maande oud was.

 

 

 
 
Read 791 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account