Moomie kleuter van die week...Stian Fourie Featured

"Na sewe jaar se sukkel om swanger te raak, is als die moeite werd," vertel Carien Fourie, Stian se ma.

Hoe oud is Stian?

Hy is een jaar en drie maande oud.

Op hoeveel weke is hy gebore?

Hy is op 40 weke gebore.

Hoeveel het hy geweeg met geboorte en hoe lank was hy?

Hy was 51 cm lank en het 4.12 kg geweeg toe hy gebore is.

Mylpale – op hoeveel maande het hy:

Op sy eie gesit? Ses maande.

Begin kruip: Nege maande.

Begin loop: Een jaar.

Sy eerste tand gesny: Vier maande.

Sy eerste woord gesê: Tien maande.

Wat was sy eerste woord?

Pappa

Waarmee speel hy graag?

Hy speel graag met blokkies.

Wat is sy gunsteling-program op televisie?

Hy kyk nie televisie nie.

Wat is sy gunsteling-kos?

Pasta.

Drink hy nog bottel?

Ja

Hoe slaap hy in die nag?

Hy slaap gelukkig goed. 

By wie bly hy deur die dag?

Hy is in 'n speelgroepie.

Wat doen hy wat vir jou baie oulik is?

As hy skaam kry, maak hy sy gesiggie toe met sy handjies.

Hoe het ouerskap jou lewe verander?

Dit is die beste ding wat nog ooit met ons gebeur het, veral nadat ons sewe jaar gesukkel het om swanger te raak. Alles is die moeite werd. 

Read 507 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account