Haai nee jong ek het maar net bietjie gespot.
My seuntjie het nou die begin van September 3 geword, maar die afgelope jaar was propvol tantrum pret in ons huis! Gelukkig kan ek nou so met die terugkyk lekker lag daaroor. Die Liewe Vader het my darem baie geduld gegee sodat ek dit met kalmte kon hanteer, al wou ek hom party dae net 'n pakkie toemaak en pos.
Ek is mal oor Dr James Dobson se boeke, in een van hulle het hy genoem dat hy sy twee jarige dogtertjie wanneer sy so tantrum, net styf vasgehou het totdat sy eventueel kalmeer het. Met die besluit ek toe ook eendag om die strategie te probeer. Hy se mens moet net daardie wil bietjie breek dat hulle besef wie die outoriteit in die huis is.
Ooooo genade, was ek in vir 'n skok! Eerstens kon ek hom nie vasdruk nie, hy is redelik groter as die normale kind sy ouderdom en baie sterk. Soos mens 'n klein baba vasdraai om beter te slaap ens, het ek hom toe in 'n kombers vasgedraai en op die mat vasgehou. Hy het vir 'n volle 45 minute geskree en spartel. Ek het naderhand begin twyfel of ek die regte ding doen.....maar kon nie op daardie stadium ingee nie, dan sou niks ooit weer werk nie. Die hele tyd het ek oogkontak vermy en nie 'n enkele woord gese nie. Dit het my hart gebreek!
Gelukkig het dit 'n goeie einde! Hy het eweskielik net opgehou, stil gebly en stil gele. Na so 5 minute van stilte het ek hom kalm gevra of hy nou klaar is, hy het gese ja, ek het hom losgedraai, vasgedruk en verseker dat ek oneindig lief is vir hom en hy 'n pragtige klein mensie is wat nie weer so moet maak nie.
Van daar af het ek nodig gehad om dit nog 'n paar keer te doen, maar die langste tantrum ooit daarna was 5 minute, toe het ek net nodig om aan die kombers te raak, dan hou hy onmiddelik op en se hy is jammer en praat oor wat hom so omkrap!!!
Nou het ek hom geleer dat wanneer hy so bitter kwaad of ongelukkig word, hy eers net gaan staan, sy ogies toemaak, stadig inasem deur sy neus, dan uitasem deur sy mond (so 2-3 keer). Sodoende is ons huis ampertjies heeltemal tantrum-loos, met 'n baie selfversekerde Liewe-Jesus-sonstraaltjie.
Hoe oud is joune?