file Raad vir kinders wat wakker word vir 'n dummy?

2 years 3 months ago #278062 by Moomie Moderator
V: My seuntjie (20weke) slaap verskriklik sleg gedurende die dag (10-30mins op n slag) maar in die aand slaap hy baie goed. Van 7pm tot 4am. Hy het nou weer wakker begin word 2am. As ek n dummy vir hom gee 2am dan slaap hy tot 4am...maar ek wil nie he my kind moet wakker word vir n dummy nie. Ek dink dis miskien ook sy tande wat hom pla? Enige raad?

Baby Love: Hou gerus ons Baby Love bladsy doo vir die volgende video post oor teething. Maak seker jou seuntjie se dummy is oo 'n dummy chain & "leer" hom om dit self in te sit. Sodra hy dit kan doen, behoort hy dit net in te sit sonder om eers behoorlik wakker te word. Gee ook vir hom 'n ander "soother" soos 'n kombersie wat kan help wanneer hy wakker word. Die dag roetine is baie belangrik. Hy moet 'n uur & 'n half slaap en die enigste raad wat ek kan gee, is om sleep training te doen. Jy is welkom om my te kontak as jy belangstel. Maak wel seker dat hy nie langer as 2 uure deur die dag wakker is nie & probeer hom vir die volle uur & 'n half (dagslapie) in sy kot hou!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account