file My seuntjie van 20 maande, drink nog 2 - 3 bottels 'n nag.

2 years 3 months ago #278059 by Moomie Moderator
V: Ek het 'n seuntjie van 20 maande wat steeds enigiets van 2-3 keer per nag wakker word. En dan 'n hele bottle melk uitdrink. Baie mense sê nagvoedings behoort so vroeg as 6 maande op te hou, maar wat as hy regtig wakker word omdat hy dors of honger is? Hou ek maar net aan daar mee en glo hy sal uiteindelik ook deur slaap?

Baby Love: Ja sjoe, is jy seker hy kry genoeg voeding & voedingswaarde gedurende die dag? Hy behoort genoeg te eet & drink deur dag sodat hy (veral op 20 maande) kan deurslaap sonder enige voeding. Vanaf 18 maande is melk slegs opsioneel, so ek wonder of dit nie vir hom slegs 'n slegte gewoonte geword het nie.

Moomie lid 1: Waarskynlik slegte gewoonte ja. Hy eet uiters gesond en baie deur die dag.

Baby Love: Dit help dan klaar om honger te kan uit kanselleer!!

Moomie lid 2: Ek vermoed ook gewoonte.. My seun slaap nou al vir so 2 maande deur sonder n bottel (ook 20 maande). Maar my dogter is 4 en sy vra nog vir n bottel in die nag. Maar ook eintlik net indien sy wakker word.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

2 years 3 months ago - 2 years 3 months ago #278061 by Moomie Moderator
V: My seuntjie is 2 Jaar oud en word STEEDS wakker in die aande vir Melk. En om by ons in die bed te klim. Ek wil nie 'n harsh mamma wees en dit weier nie maar sy sussie van 4 maande slaap reg deur en word nie wakker nie...

Baby Love: Dit wys net ons girls is baie "soeter" ?. Haha!! Ok, jy gaan ongelukkig streng grense moet stel. Jy is NIE HARSH NIE - net FIRM, maar dit steeds op 'n liefdevolle wyse!!! Hy behoort al sy voedingswaarde deur die dag in te kry!! Vanaf 18 maande is melk slegs opsioneel. So dus, het hy geensins melk deur die nag nodig nie. Indien hy na julle toe loop, hou aan om hom terug te vat na sy eie bed tot hy besef dat hy moet bly lê!! Net oor jy 'n grens stel, beteken dit nie jy is minder lief vir hom nie - INTEENDEEL!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account