file My seuntjie kry in die aande sy tweede asem.

2 years 3 months ago #278054 by Moomie Moderator
V: My dogtertjie van 7 word steeds saans wakker om by ons te kom lê? Wat kan ek haar gee om rustiger te slaap? En my seuntjie van 3 kry in die aande 2de asem en dan begin sy speeltyd. Selfs al lê mens by hom... hy is eenvoudig net nie moeg nie. Hy is in kleuterskool en hulle slaap 13:00 - 14:30! As hy eers slaap slaap hy deur en ek sukkel so om hom die oggende uit die bed te kry.. hy sal maklik slaap tot na 08:00!

Baby Love: Jy gaan baie streng met jou grense moet wees. Wanneer hulle uitloop, moet hulle weet dat jy hulle gaan terugvat & aanhou terugvat tot hulle bly lê. Maak ook seker dat jy streng by ouderdomsgepaste wakker & slaaptye hou. Die "wakker" in die aand kan moontlik wees dat hy eintlik oorgestimuleer is. Jy kan ook probeer om vir jou oudste 'n "iets" te laat kies by die winkel (soos teddy) wat jy dalk met jou parfuum spuit & vir haar noem dat dit haar "cuddly" trooster is deur die nag.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account