file My seuntjie word elke uur wakker.

2 years 3 months ago #278053 by Moomie Moderator
V: My seuntjie 22 maande het van so 16 maande begin deurslaap in sy eie kamer op n bed. Skielik wil hy net in die kot slaap en word weer elke uur op die uur wakker... Die mamma is moeg ?.

Baby Love: Jy het 2 moontlikhede. 1) As jy hom in die bed sit, sit groot kussings rondom hom om die spasie kleiner te maak & hom "veiliger" te laat voel en vat dan die kot weg. Moenie dat dit 'n opsie wees nie!! 2) Sit hom in die kot, maar dan gaan jy heel moontlik "sleep training" moet doen om te verseker dat hy jie so gereeld wakker word nie. Maak net seker dat hy 'n soother het (dummy / beertjie / kombersie, ens).
Die soother gaan help om hom veilig te laat voel!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

2 years 3 months ago - 2 years 3 months ago #278058 by Moomie Moderator
V: My seuntjie is 10 maande oud. Hy word gebad kry sy nag bottel en moet dan gaan slaap. Gewoonlik gaan dit goed. Maar daar is ander aande wat hy weier om rustig te raak selfs tot 2 ure na bad en bottel tyd. Indien hy wel rustig raak en aan die slaap raak soos hy moet dan is hy binne n uur weer wakker en huil verskriklik. En daarvanaf elke uur is hy wakker. Enige raad?

Baby Love: Is jy seker sy dag is ouderdomsgepas. Hy moet slegs vir 3 ure deur die dag wakker wees & 'n uur en 'n half slaap per slapie. 'n Dag sonder die korrekte struktuur is baie keer die rede waarom kinders oorgestimuleer raak & sukkel om snags te slaap!

V: Hy word 7 uur soggens wakker. Dan eet hy half 9 pap en bietjie melk en slaap vir ongeveer 2 ure. Dan eet hy 13h00 middag ete en slaap weer vir 2 ure. En dan eet bad en bottel vanaf 19h00.

Baby Love: Probeer om die melk & solids te kombineer (gee dit dus direk na mekaar) en voed hom sodra hy wakker word - dit geld regdeur die dag!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

2 years 3 months ago #278066 by Moomie Moderator
V; My baba is 5maande op 31weke gebore het hom geborsvoed tot op 3maande met Lactogen as byvoeding hy is nou net op formule maar ons slaap baie min in die nag hoe kry ek hom om ten minste langer te slaap hy elke 1-2ure wakker

Baby Love: My baba is 5maande op 31weke gebore het hom geborsvoed tot op 3maande met Lactogen as byvoeding hy is nou net op formule maar ons slaap baie min in die nag hoe kry ek hom om ten minste langer te slaap hy elke 1-2ure wakker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account