file Hoe kry ek dat my seuntjie heel aand in sy eie bed slaap?

2 years 3 months ago #278052 by Moomie Moderator
V: My seuntjie, amper 3 jaar oud, raak aan die slaap in sy eie bed in sy eie kamer, en slaap eintlik baie goed, maar deur die nag raak hy een keer wakker en wil dan by ons kom slaap. Hoe kry ek hom dat hy deur slaap in sy eie kamer? Hy doen dit byna elke aand.

Baby Love: Jy gaan moet aanhou om hom terug te vat na sy eie kamer tot hy besef dat hy moet bly lê. Praat hom deur dit & verduidelik hoekom jy dit doen. Dis belangrik dat hy genoeg rus in kry!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

2 years 3 months ago #278070 by Moomie Moderator
V: My seuntjie van 4 word deesdae in die nag wakker en dan wil hy by ons kom slaap. Ek het nou self besluit tot hier toe en nie verder nie. As ek hom hoor aan gestap kom vat ek hom en gaan sit hom terug in sy bed. Hy kla hys alleen. Enige raad. Sussie is nou 18 maande en sy slaap in kot by ons in kamer. Dalk jaloesie?

Baby Love: Ons aanbeveling is dat jy eers jou dogtertjie uit die kamer kry & "sleep train" (indien daar vir haar 'n eie kamer is?). Jy is welkom om my tr kontak vir 'n sessie as jy hulp nodig het. Wanneer sussie se roetine in plek is, kan ons op jou seuntjie fokus. Ons kan selfs 'n gekombineerde sessie bespreek vir altwee (Baby Love & Toddler Love). Ek dink jy is reg, hy mag moontlik jaloers wees. Veral oor hy sê hy is alleen. Probeer dalk sy kamer meer pret maak - gaan saam na winkel & laat hom 'n beertjie / iets kies. Of selfs een van jou kledingstukke (serp of iets) sodat hy deur nag "iets" van jou het. Moenie die kamer te donker maak nie & moet nooit sy deur toe maak nie!!

Moomie lid: Ja sussie se bedjie is in sy kamer. En kamer is pret en kleurvol en lig. Deur maak ek ook nie toe nie oor ek bang is hy kom iets oor. Ek skel hom ook nie in sy kamer nie juis oor ek graag sy kamer special wil hou. Ek dink dit is maar oor sussie nog by ons slaap(oor pappa nog nie haar bed se randjies opgesit het nie) hulle twee gaan slaap ook die selfde tyd omtrent. So slaap skedule dink ek nie gaan probleem wees nie. Dankie vir jou advies. Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account