Koop elke maand iets vir jou baba Featured

Jacqueline van Zyl, 'n Moomie-ma, sê as jy wl begroot moet jy elke maand iets vir jou baba koop.

Hoeveel kinders het jy?

Ek het twee kinders.

Waar het jy geboorte gegee?

Die eerste keer was ek by La Femm, ’n privaat hospitaal. Met my tweede kind het ek geboorte gegee by ’n staatshospitaal, Moses Kontane.

Waarom het jy besluit op bogenoemde hospitaal?

Met my eerste swangerskap het my dokter die hospitaal voorgestel. Ek het net goeie goed gehoor van Moses Kontane en toe besluit om daar geboorte te gee.

Wat was jou ondervinding by hierdie hospitaal?

By albei was dit ’n goeie ondervinding. Die hospitale was skoon. Al die personeel was vriendelik en baie behulpsaam. Ek het geen probleem by albei gehad nie.

Het jy 'n mediese fonds?

Met my eerste swangerskap ja, maar nie met my tweede kind nie.

Hoeveel het jou besoeke aan die ginekoloog gekos?

Met my eerste swangerskap het die medies alles gedek. Toe ek die tweede keer swanger was, het ek net twee keer vir sonaars by 'n privaat hospitaal gegaan en dit het my altesaam R700 gekos.

Hoe het jy geboorte gegee?

Ek het met albei ’n keiser gehad.

Hoeveel het dit gekos?

Die medies het die volle rekening van R25 000 gedek met die eerste keiser. By die staatshospitaal het dit my nie ’n sent gekos nie.

Hoe het jy begroot vir jou baba?

Ek het elke week iets vir my baba gekoop. Dit wat ek nie kon koop nie, het ek gelukkig by my ooievaarstee gekry.

Het julle begin begroot voor jy swanger geraak het?

Nee, ek het nie.

Het jy enige advies vir ma’s hoe om te begroot vir hulle babas?

Ja. Die oomblik as jy uitvind jy is swanger, begin om elke maand iets vir jou baba te koop.

As jy enigiets kon anders doen rakende die finansiële beplanning van jou baba, wat sou jy doen?

Nee, glad nie. Ek is baie tevrede en gelukkig hoe alles uitgewerk het.

Lees  Bright Rock - Love Change-artikels, hoe om te begroot vir jou baba:

How much does it cost to have a cash baby?

How to beat the baby budget blues.

The crazy, joyful business of planning for twins.

Read 495 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account