Moomie ma van die week...Reinette Kotze Featured

Reinette (33) is die ma van 'n nege maande oue seuntjie, BR.

Ons het met Reinette gaan gesels en haar 'n paar vrae gevra oor die tydperk vandat sy swanger geraak het, tot nou.

Hoe het jy gevoel toe jy uitvind jy is swanger?

Ek was ongelooflik bly en dankbaar dat ek binne twee maande swanger geraak het.

Het jy enige morning sickness gehad?

Ek is gelukkig en het geen morning sickness gehad nie.

Het jy normaal geboorte gegee of ’n keisersnit gehad? Het jy enige komplikasies gehad?

Ek het ’n watergeboorte gehad. Alhoewel alles nie volgens plan verloop het nie, was dit steeds ’n belewenis. Die hele proses was baie vinnig, wat versoorsaak het dat ek geskeur het en baie bloed verloor het. Alles weens die feit dat die naelstring om BR se nekkie was. Ek het gelukkig vinnig herstel na alles.

Borsvoed jy?

Ja, ek borsvoed.

Is jy 'n tuisbly mamma of werkende mamma?

Ek is bevoorreg om van die huis af te kan werk.

Hoe maak jy en jou man tyd vir mekaar?

Dit is eintlik ’n moeilike vraag. Ons probeer tyd maak wanneer BR slaap en as dit moontlik is, gaan ons een keer ’n maand op ’n date night

Watter tipe doeke gebruik jy?

Ek gebruik meeste van die tyd lapdoeke. As ek van tyd tot tyd weggooidoeke gebruik, koop ek Huggies s’n.

Wat verkies jy, online shopping of mall toe gaan?

Beslis online shopping, dis baie gerieflik.

Wat is jou raad vir:

- Koors

As my BR nie siek lyk nie en sy koors is onder 40 grade, dan los ek dit. Hy het gelukkig nog net een keer ’n hoë koors gehad en dit was toe hy babamasels gehad het. Ek het toe vir hom Pegasus Teething,Pain and Fever gegee en Viburcol-setpil. 

- Brandboudjies

 Coconut oil werk soos ’n bom. Of Pure Beginnings se boudsalf.

 - Tande sny

Hiervoor gee ek ook vir hom Pegasus Teething, Pain & Fever. Sy tanderinge sit ek in die yskas; die koue help vir die tandvleis wanneer hy daaraan kou.

Noem drie goed wat in jou doekesak is waarsonder jy nooit gaan nie.

Wetwipes, koorspen en my homopatiese medisyne.

Wat is jou opinie oor inentings? Het jou seuntjie sy inspuitings gekry tot op datum?

BR het glad nie inentings gehad nie. Ek voel dit is onnodig. Daar is baie nagevolge en siektes a.g.v van die inentings. Hulle kry soms in elk geval van die siektes waarteen hulle ingeënt word. Volgens my bevat dit slegte stowwe. Ek verkies om natuurlike immuniteit te bou soos deur te borsvoed, goeie eetgewoontes, natuurlike boosters soos Vitamine C en probiotics.  Die Here het ons liggame gebou om te baklei, hoekom in Hom twyfel?

Wat geniet jy die meeste van ma-wees?

Die lys is eindeloos. Borsvoeding is ’n spesiale bonding tyd. Die feit dat hierdie perfekte mensie deur my en my man geskep het, is net wonderlik. Die hoeveelheid liefde wat ons vir BR het, is onbeskryflik groot. Om sy handjies, voetjies en glimlag te sien, laat my hart warm klop.

Hoe het ouerskap jou lewe verander?

Reinette lag as sy sê “minder slaap”. ’n Mens se lewe draai nou om hierdie wonderwerk, jou beplanning moet alles om sy roetine gaan. Alles wat ons doen, moet die beste vir ons kind wees.

Wat is ’n ma?

’n Ma is onvoorwaardelike liefde, sy werk hard en gee haar bes. ’n Ma gee en offer op sonder om enigiets terug te verwag. - Alta van Wyk.

Read 505 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account