file Hoe het ouerskap jou lewe verander?

2 years 2 months ago #277699 by Moomie Moderator
1) Hoe het jou slaap roetine verander vandat jy 'n ma is?
2) Hoeveel minder tyd spandeer jy aan jou voorkoms vandat jy 'n ma is?
3) Hoe is jou vakansies anders vandat jy 'n ma is?
4) Hoe het ouerskap jou lewe verander?
5) Waaroor gaan gesprekke by saam met jou vriendinne vandat jy 'n ma is?
6) Wat het jy gedoen voordat jy 'n ma was wat jy nie nou meer kan doen nie?
7) Watter invloed het 'n nuwe baba op jou huwelik gehad?
8) Hoe is jou me-time anders vandat jy 'n ma is?

Bright Rock - Love change

Please Log in or Create an account to join the conversation.

2 years 2 months ago #277759 by Nikita87
1) Hoe het jou slaap roetine verander vandat jy 'n ma is?
My seun word elke 3 ure wakker vir ‘n voeding, hy slaap saam met ons in die bed want hierdie mamma gaan nie elke 3 ure uit die bed kan kom om hom te gaan borsvoed nie. Ons slaap heel goed, ek is al so in gestel dat as hy begin kriewel haal ek net my boob uit en hy drink en slaap verder =)

2) Hoeveel minder tyd spandeer jy aan jou voorkoms vandat jy 'n ma is?
Ek is nie iemand wat grimeering dra nie, meeste v.d tyd is my hare vas (my kind hou van hare trek) my hare het ook ‘n baie mooi natuurlike krul so ek spandeer glad nie baie tyd aan dit nie.

3) Hoe is jou vakansies anders vandat jy 'n ma is?
Ons was die naweek weg op ‘n kamp en dit was mal, ek dink as dit net my man en kind is dan sal ons baie beter cope

4) Hoe het ouerskap jou lewe verander?
Nie veel nie, ek gaan minder saam met my man op afsprake maar as dit belangrik is dan maak ek seker dat ons betyds klaar is. My man is fantasties en baie baie behulpsaam. Hy help my meeste oggende en middae as ek by die huis kom

5) Waaroor gaan gesprekke by saam met jou vriendinne vandat jy 'n ma is?
Die vriendinne wat mamma’s is – 90% van die tyd praat ons oor die kinders, selfs voor dat ek ‘n ma was was ons gesprekke 90% van die tyd oor kinders.
Die vriendinne wat nie mamma’s is nie – 20% van die tyd praat ons oor kinders en res van die tyd praat ons oor ander onderwerpe. Mens kan nie verwag dat jou vriendinne wat nie kinders het die hele tyd oor kinders wil praat nie. Dit is waar mens baie keer vriendinne verloor ook, hulle word gatvol as 'n mens die hele tyd oor iets praat waarvan hulle geen benul het nie en ander tye het 'n mens vriendinne wat sukkel om swanger te raak en hulle kry seer as mens oor babas praat die hele tyd (my eie opinie)

6) Wat het jy gedoen voordat jy 'n ma was wat jy nie nou meer kan doen nie?
Ek het verskriklik baie boek gelees, amper elke week ‘n nuwe boek gelees of sommer ‘n lekker ou boek gelees.
Ek sal weer oor ‘n week of twee weer begin lees, maar sal nou nie meer so baie tyd aan dit kan spandeer nie.
Ek het lang bubble baths gevat, ek sal dit seker ook weer kan begin doen. My kind is nou al so goed in ‘n roetine dat ek weet wanneer hy wakker word vir ‘n voeding.

7) Watter invloed het 'n nuwe baba op jou huwelik gehad?
Nie veel nie, hy was ‘n gebeds kind, ons het lank gesukkel om swanger te word en het ‘n miskraam voor hom gehad en het weer amper ‘n jaar gesukkel om swanger te word. In ons huwelik is die kind ‘n wonderwerk en ons weet dit. Ons het ook voor af geweet dat kinders ‘n impak op jou lewe sal he, maar dit maak saak hoe jy daarna kyk. My man en kind kom eerste as die huis soos sy gat lyk dan moet hy maar so lyk tot ek tyd het om iets daaraan te doen. As ek weet mense kom oor dan sal ek en my man inspring om alles mooi aan die kant te maak. Dit is vir my belangriker om tyd saam met my man en kind te spandeer as om my te veel te bekommer oor die huis. Ons albei werk, ek laai ons kind af en my man tel op. Soos dit nou gaan kry ek klaar net 3 ure van wakker tyd saam met my kind. Ek en my man is op ‘n goeie plek, ons is goeie vriende en hopenlik goeie ouers =) Ons sal hoor wat ons kind eendag sê :laugh: :laugh:

8) Hoe is jou me-time anders vandat jy 'n ma is?
Ek het nie nou juis me-time nie. Ek kan darm my lunch tye by die mall spandeer. Gelukkig is my man ook baie handig, so ek kan gaan shop terwyl my man na ons seun kyk. Hy kan alles doen, van nappies ruil tot bottel gee. Hy is Amazing. :rock:

Me: 31
DH: 35
Married since: 2011

DH - SA done - all is well
Me - Stage 1 Endo

TTC #1
BFP - 6 September'15
Miscarriage @ 7w1d - 4 October'15

BFP - 17 September'16
Baby Boy born via C-Section - May'17

Please Log in or Create an account to join the conversation.

2 years 1 month ago #277882 by Moomie Moderator
Hi, Nikita

Baie dankie vir jou post.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account