file Baba met toe neusie

4 years 2 months ago #268936 by Jen1805
Baba met toe neusie was created by Jen1805
Hello mammas ek het julle raad nodig asb. My 2 maande oue baba het n toe neusie noual vir meer as n week. sy het glad nie koors of enige ander simptome nie en dis ook nie n verkoue nie dis net toe en veroorsaak vir haar ongemak veral deur die nag. Ek gebruik saline druppels en selfs nou en dan n pediatriese neus spuit vir dit maar dit blyk nie om te help hier deur die nag nie en dan drink sy ook moeilik en slaap sleg. Is daar enige iets anders wat ek kan gebruik. Ek wou bietjie vicks aan haar borsie smeer net om die neusie oop te maak maar lees sys te klein maar selfs die ander produkte soos karvol is eers van 6 maande af. Die rede hoekom ek haar nog nie pediater toe gevat het nie is omdat almal se die toe neusie sal weggaan en tensy sy koors ontwikkel en n verkoue is dit nie nodig nie.
En sal n aircon dit vererger deur die nag. Dis vreeslik warm deur die nag en sy slaap nou in my kamer om haar dop te hou maar ek is te bang om die aircon aan te sit. Ek weet n gewone waaier droog die neusies heeltemal uit maar doen n aircon dit ook? Dankie mammas.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Please Log in or Create an account to join the conversation.

4 years 2 months ago #268937 by EmJ16
Replied by EmJ16 on topic Baba met toe neusie
As jy borsvoed kan jy borsmelk ook in haar neusie spuit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

4 years 2 months ago #268964 by liefie
Replied by liefie on topic Baba met toe neusie
Nie seker wat se tipe toe neus dit is nie as dit 'n nat toe neus is werk vir ons om sterimar (saline spuit) in te spuit en dan
gebruik ek 'n neus frida om die mucus uit te suig.

maar ek het in tussen gehoor dat hulle neus gange soms geswel kan word en dit ook soos 'n toe neus klink maar daar is nie noodwendig mucus nie. Ons het toe Iliadin pediatriese druppels gebruik wat pediater voorgeskryf het. Mens moet dit net nie langer as 5dae aan een gebruik nie.

foeitog hoop jy kom reg dis nie lekker om hulle so te sien sukkel en jy voel jy kan niks doen nie

[link=http://lilypie.com] [/link]

File Attachment:
The following user(s) said Thank You: Jen1805

Please Log in or Create an account to join the conversation.

4 years 2 months ago #268989 by Jen1805
Replied by Jen1805 on topic Baba met toe neusie

liefie wrote: Nie seker wat se tipe toe neus dit is nie as dit 'n nat toe neus is werk vir ons om sterimar (saline spuit) in te spuit en dan
gebruik ek 'n neus frida om die mucus uit te suig.

maar ek het in tussen gehoor dat hulle neus gange soms geswel kan word en dit ook soos 'n toe neus klink maar daar is nie noodwendig mucus nie. Ons het toe Iliadin pediatriese druppels gebruik wat pediater voorgeskryf het. Mens moet dit net nie langer as 5dae aan een gebruik nie.

foeitog hoop jy kom reg dis nie lekker om hulle so te sien sukkel en jy voel jy kan niks doen nie

Baie dankie vir jou terugvoer. Dis def n droe neusie want daar is min mucus. Ek gebruik ook maar die iliadin pediatric spuit en die saline druppeltjies. Dis glad nie lekker om hul so te sien nie :( dankie mamma

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Please Log in or Create an account to join the conversation.

4 years 2 months ago #268990 by Joanne23
Replied by Joanne23 on topic Baba met toe neusie
Hi,

Wat ek gevind het help is as jy 'n humidifier met 'n bietjie karvol in aansit dit help om die lug te bevogtig.

Dalk kan jy dit aansit terwyl julle nog in die kamer is nie. Die aircon gaan die probleem verseker erger maak tensy jy 'n los staande een het wat met water werk.

My seuntjie het ook aan die begin so 'n toe neusie gehad en die humidifier het werklik gehelp. As jy nie van die reuk van Karvol hou nie kan jy vicks ook in die humidifier sit.

[link=http://daisypath.com] [/link]
[link=https://lilypie.com] [/link]
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account