file 'n BORSVOEDENDE MAMMA SE DIEET

1 year 11 months ago #278848 by BabyGuideForTheModernMother


Gedurende swangerskap is daar 'n redelike lang lysie van kossoorte wat jy liewers moet vermy, maar een item wat ek onthou mense my aangeraai het om maar so veel van te geniet voor baba kom, is sjokolade.

Hoekom dan nou sjokolade? Wel dis oor baie mense glo dat sjokolade vir baba sal krampe gee as mamma borsvoed. Daarom is daar dan ook 'n lang lysie kossoorte wat mense graag met jou deel, van wat jy nie mag eet terwyl jy borsvoed nie.

Die lysie kan so lank word en die druk om perfek te eet vir goeie melk so groot, dat mens sommer mismoedig raak en wonder; "Nou wat mag ek dan nou eet? Ek gaan honger ly!"

Maar wanneer weet jy of jy die buur-tannie of vrou in die supermark se raad moet volg?

Wel wees gerus, ek gaan met julle deel presies watter kos soorte julle moet vermy as julle borsvoed.

Kos soorte om te vermy:
1. Kos wat julle nie van hou nie.
2. Kos wat baie potte vuil maak (As julle nie van skottelgoed opwas hou nie)

Dis korrek, julle het reg afgelei, 'n borsvoedende mamma kan enige iets eet wat sy wil en 'n mamma hoef geen spesifieke dieet te volg vir goeie melk nie, want haar melk is altyd perfek vir haar unieke baba en selfs vroue in hongersnood se babas floreer op hul moedersmelk.

Nou sit en wonder julle seker oor Sannie se baba wat dan verskriklik krampe kry as sy brokolie of uie eet?

Daar is natuurlik raar uitsonderings waar 'n baba effens sensitief is vir iets in mamma se dieet, gewoonlik sal dit melk proteine wees, maar meer gereeld verwar mammas die normale krampe en winde wat elke baba kry as gevolg van hul derm sisteem wat nog onder ontwikkeld is, as 'n sensitiwiteit tot haar melk.

Wanneer jou baba wel sensitief is tot iets in jou melk, sal daar 'n hele paar simptome wees wat daarmee gepaard gaan. Daar sal gewoonlik 'n oormate van opgooi en spoeg wees, koliek, 'n vel uitslag, baie slym en 'n toe neus (alhoewel pasgebore babas van nature 'n oormate slym in hul sinusse het na geboorte wat self opklaar).

Gewoonlik sal jou Pediater toetse doen om te bevestig of jou baba enige allergië het. Dan is dit ook nie noodwendig die einde van jou borsvoed verhouding nie, jy sal dan waarskeinlik net jou dieet moet aanpas om daardie kosse te vermy en die 6 weke moet wag vir die melk produkte om uit jou sisteem te wees voor al die simptome weg is.

Jy as borsvoedende mamma kan dus gerus wees en al die kosse geniet wat jy graag wil eet. Melk word buitendien uit die prolaktien hormoon in jou bloed gemaak en nie die inhiud van jou maag.

Kossoorte wat mammas gewoonlik oor bekommer, maar eintlik kan geniet sluit in; Sjokolade, Kerrie, Brandrissies, Gas koeldranke, Melk, Kase (Hard so wel as sag), Uie, Groen groentes, Kole en boontjies, Ys water, Biltong, Sushi, Seekosse, Suur kosse, Lekkers, Suiker, Neute, Koffie (as jy meer as 5 koppies n dag drink en jou baba jonger as 6 maande is kan jy kyk na party koppies oorskakel na decaff indien jou baba sensitief is)...

...selfs Alkohol!

Die hoeveelheid alkohol wat in jou melk kan opeindig is so min dat kenners sê; "Om dit in perspektief te sit, sal hulle eers bekommer of oor jy jou baba gaan laat val, voordat hulle sal bekommer oor jou melk."

Daarom hoor ons ook gereeld die slagspreuk, "As jy veilig is om jou baba te hanteer, is jy veilig om te voed."

Indien jy wel steeds ongemaklik voel met die idee, raai kenners aan dat jy dan eers jou baba voed en jou drankie direk daarna geniet. Teen die tyd dat baba weer wil drink, is die alkohol uit jou sisteem. Dis ook nooit nodig om melk uit te pomp en weg te gooi nie.

'n Verdere bekommernis wat mammas het is watter kos kan hulle eet om meer melk te maak? Wel die enigste manier om werklik meer melk te maak is om jou borste meer gereeld te ledig, dus jou baba meer gereeld te voed of om te pomp.

Borsmelk word vervaardig op die vraag en aanbod sisteem. Indien jy dus die aanvraag vergroot deur meer melk te verwyder, sal jou liggaam reageer deur meer melk te produseer?

Maar wat van Bettie wat elke oggend 'n groot bak oats pap eet en dan baie melk maak?

Wel dis waar, daar is sekere kossoorte en kruie wat die prolaktien in jou bloed kan vermeerder, mens noem hulle Galactogogues, maar hulle sal absoluut geen impak hê as jy nie die aanvraag van melk ook vergroot nie. Hulle is ook net effektief daardie eerste paar weke na geboorte terwyl jou produksie nog hoormoon aangedrewe is.

So hoekom werk dit dan steeds vir Bettie na soveel maande en hoekom glo mense aan "Jungle Juice" wat nie eens enige Galactogogues as bestandele bevat nie?

Dis die krag van 'n mens se brein. Die dokters noem dit die "placebo effect", jy glo dit gaan help, so jou liggaam reageer. Maar in waarheid kan "Jungle Juice" baie skadelik wees vir mens en die groot hoeveel suiker is die perfekte voeding vir Sproei (Thrush), 'n gis infeksie wat mamma en baba kan kry binne hul lywe, op mamma se tepels en ook op baba se doek area.

Indien jy gewonder het wat is als Galactogogues, hier is die lys (wel in Engels oor party kruie name);

⏺Alfalfa
⏺Anise Seeds
⏺Barley
⏺Basil Oil
⏺Blessed thistle
⏺Brewers Yeast
⏺Caraway seeds
⏺Chai Seeds
⏺Dill
⏺Fennel Seeds / Oil
⏺Fenugreek
⏺Flax Seeds / Flour / Oil
⏺Garbanzo Beans
⏺Goat's Rue Herb
⏺Hops
⏺Lettuce
⏺Moringa Herb
⏺Oatmeal
⏺Pumpkin seeds
⏺Red Raspberry Leaf
⏺Sesame Seeds
⏺Shatavari Herb

Party van hierdie items kan egter dodelik wees vir mammas met spesifieke mediese toestande en moet onder konsultasie van 'n dokter gebruik word.

Dan is daar ook 'n lys van kossoorte wat 'n mamma se borsmelk minder kan maak indien sy te veel daarvan inneem;

⏺Sage
⏺Peppermint (In candies as well)
⏺Spearmint (In candies as well)
⏺Parsley
⏺Oregano
⏺Chickweed
⏺Stinging Nettles
⏺Black Walnut
⏺Periwinkle Herb
⏺Herb Robert
⏺Yarrow
⏺Sorrel
⏺Lemon Balm
⏺Vitamin B6 (Inhibits the production of prolactin needed to produce milk)

Hierdie kossoorte sal egter net 'n impak hê in baie groot hoeveelhede en jy hoef hulle dus nie heeltemal uit jou dieet te skakel.

Laastens soek mammas ook gereeld raad vir dieet planne om te volg om gewig te verloor. Dit is belangrik om te weet dat sensasionele dieet planne en vinnig werkende planne nie aanbeveel word vir borsvoedende mammas nie.

Die hoof rede hiervoor is dat die kenners sê dat indien 'n mamma te vinnig gewig verloor, die skadelike  vetoplosbare omgewingsbesoedeling en gifstowwe wat in haar vet gestoor was, in haar melk kan beland.

Wat jy egter wel kan doen om jou dieet aan te pas en gewig te verloor is die volgende;

⏺ Begin eers met 'n beter eet plan met die doel om gewig te verloor nadat jou baba twee maande oud is en jou melkproduksie goed onder weg is.
⏺Borsvoed op aanvraag en verkieslik langer as 6 maande, want studies het gevind dat mammas meer gewig verloor indien hulle langer as 6 maande aanhou en borsvoed verbrand ook kalorieë.
⏺Eet ten minste 1500 tot 1800 kalorieë per dag.
⏺Hou gewigsverlies onder 0.68kg per week.
⏺Verminder jou kalorieë geleidelik.
⏺Doen matige oefening.
⏺Vermy sensasionele dieet planne wat vinnige resultate belowe.

~*~*~*~

Het jy hierdie artikel geniet of baat gevind daarby? Kom volg asseblief my Facebook blad of webtuiste op die skakels hier onder;

Facebook:  https://www.facebook.com/babyguideforthemodernmother/
Webtuiste "Baby Guide for the Modern Mother": https://babyguideforthemodernmother.com/

Skakels tot verdere inligting;

https://kellymom.com/nutrition/mothers-diet/mom-foods/

https://kellymom.com/bf/can-i-breastfeed/lifestyle/caffeine/

https://kellymom.com/bf/can-i-breastfeed/lifestyle/alcohol/

https://kellymom.com/health/baby-health/food-sensitivity/

https://kellymom.com/nutrition/mothers-diet/mom-weightloss/

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account