file HOEVEEL MELK MOET EK POMP?

2 years 4 weeks ago #278153 by BabyGuideForTheModernMother


Iets wat 'n borsvoedende Mamma baie oor stres is, "het ek genoeg melk?". Veral aan die begin, wanneer sy nog nie so 'n sterk vertroue in haar melk-fabriek het nie.

As jy dan 'n uur lank sit en pomp en net 'n paar druppeltjies vir al jou moeite kry, kan jou moed sommer sak tot in jou skoene.

Dan begin daardie verpesterende gedagtes, "As ek so min kan pomp, kry my baba ooit enige melk uit?", "Laat ek my baba honger ly?", "Dalk moet ek iets drink om my melk meer te maak?"

Wees gerus Mamma, wat jy kan uitpomp is geen indikasie van hoeveel melk jy het nie. Babas is baie beter en meer effektief om melk uit ons borste te kry.

Dit gaan jou borste 'n tydjie neem om te leer reageer tot die pomp. En selfs na jy jou borste geleer het, gaan hul steeds dalk nie so baie melk gee met 'n pomp sessie as wat hulle sal gee tydens 'n borsvoed sessie nie.

Daar is selfs Mammas wat gladnie kan melk uitpomp nie, maak nie saak hoe hard hulle probeer nie. Maar hul babas floreer wel en drink uitstekend aan hulle.

As jy wil begin uitpomp om 'n "freezer stash" te begin opbou vir wanneer jy moet terugkeer werk toe, onthou om dit eers na 6 weke aan te pak.

Gedurende die eerste 6 weke na geboorte is jou melk nog besig om te stabiliseer en agter te kom hoeveel jou baba benodig. As jy dus vroeg begin pomp, loop jy die risiko om 'n "over-supply" te ontwikkel, wat 'n lang lys probleme vir jou en baba kan veroorsaak.

Indien jy "engorged" en ongemaklik voel, kan jy jou borste masseer onder 'n warm stort of 'n klein bietjie met die hand uitmelk tot jy gemaklik voel.

Die raad om te wag tot na 6 weke is natuurlik nie van toepassing op Mammas van preemie babatjies nie, want hulle het geen ander keuse as om van dag een af uit te melk nie. Hulle melk egter uit en gee so vir hul babas melk, die aanvraag kom net van een oorsprong en nie beide baba en die pomp.

Werkende Mammas begin gewoonlik 'n week voor hul moet terugkeer werk toe uitmelk. Dit help hulle gewoond raak aan uitmelk en hoe dit werk. Aangesien hul baba steeds aan hul drink daardie tyd, kry hulle van selfsprekend minder melk per pomp sessie uit.

Hierdie melk is net ekstra en meeste Mammas pomp genoeg melk by die werk uit vir die volgende dag se voedings. Hou in gedagte dat selfs al kry jy nie nou baie uit nie oor baba ook drink, gaan jy al daardie borsvoed sessies wat jy mis saam met baba by die werk kan uitpomp.

Die melk gaan dus daar wees elke dag vir jou om te pomp, aangesien baba nie by jou is om dit soos gewoonlik te drink nie.

Baie Mammas wonder ook hoeveel melk hul gaan moet gereed hê elke dag om saam met baba te stuur.

Die hoeveelhede is soos volg;

🍼 Vir Eksklusief Borsvoed Babas 
(Beteken geen vaste kos voor 6 maande)
1 Week tot 6 Maande drink:
570 - 900ml in 24h 
(Gemiddeld 30.63ml per uur weg van Mamma)

🍼 6 tot 10 Maande drink: 
875ml in 24h 
(Gemiddeld 36.46ml per uur weg van Mamma)

🍼 11 tot 12 Maande drink:
550ml in 24h 
(Gemiddeld 22.92ml per uur weg van Mamma)

🍼 12 tot 24 Maande drink:
400 tot 550ml in 24h 
(Gemiddeld 19.79ml per uur weg van Mamma)

🍼 24 tot 36 Maande drink:
300 tot 360ml in 24h
(Gemiddeld 13.75ml per uur weg van Mamma)

Dis baie belangrik om te onthou om die "Paced Bottle Feeding" tegniek te gebruik wanneer jy 'n bottel vir 'n bors-baba gee. Die tegniek verseker dat baba nie gewoond raak aan die vinnige vloei van die bottel of dat jy baba oorvoed nie. Die kans dat baba die bottel bo die bors verkies is dus minder.

'n Bottel vir 'n bors-baba se bottel-tiet bly ook altyd op die kleinste tiet-grootte. Dit beweeg nie op in grootte soos baba ouer word nie. Dis ook om te voorkom dat baba die bottel bo Mamma se bors verkies.

Lees meer oor die "Paced Bottle Feeding" tegniek hier, daar is ook videos om te demonstreer;

https://babyguideforthemodernmother.com/paced-bottle-feeding.html

Lees meer oor die grootte van die bottel tiet hier;

https://babyguideforthemodernmother.com/breastmilk-bottles-always-stay-on-the-smallest-bottle-teat.html

Indien jy graag meer wil leer oor moedersmelk ,borsvoeding, babas se slaappatrone, kinder ontwikkeling en 'n groot verskeidenhied ander belangrike onderwerpe, gaan kyk na / volg gerus my webtuiste of sosiale medias hier;

Webtuiste "Baby Guide for the Modern Mother": https://babyguideforthemodernmother.com/
Facebook:  https://www.facebook.com/babyguideforthemodernmother/
Twitter:  https://twitter.com/LetitiaVenter
Instagram:  https://www.instagram.com/letitia.v/

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account