file IS MY BORSMELK GOED GENOEG VIR MY BABA?

1 year 8 months ago - 1 year 8 months ago #277791 by BabyGuideForTheModernMother


Om 'n Ma te wees kan so oorweldigend wees, jy wil altyd die beste hê en gee vir jou baba en dis tog hoe dit hoort. Daarom wonder baie borsvoedende Mammas gereeld, veral in die eerste paar weke, "Is my borsmelk voedsaam genoeg vir my baba?"

Jy kan gerus wees Mamma, 'n Ma se borsmelk is ALTYD voedsaam genoeg vir haar baba.

'n Moeder se lyf maak altyd die perfekte melk, spesifiek saamgestel vir haar babatjie se unieke behoeftes. 

Tydens elke borsvoed sessie, analiseer die Montgomery Glands (daardie verhewe knoppies rondom jou areola) jou baba se speeksel en bepaal wat jou baba benodig vir die volgende voeding.

Jou wonderlike Mamma-lyf gaan deursoek dan jou liggaam om al die benodighede bymekaar te maak om jou baba se perfekte melk te maak.

Daarom is dit veral belangrik om aan te hou borsvoed wanneer jy of baba siek is. Jou lyf het lank voor die eerste simptome al begin toon het, geweet van die kiem en het teenliggaampies begin kweek in jou lyf om aan baba te gee deur jou borsmelk, om hom / haar te beskerm. Selfs al raak jou baba wel siek, sal die teenliggaampies wat jou baba ontvang hom / haar help om spoedig van die kiem ontslae te raak.

Mammas wat eksklusief melk uitpomp vir hul babas en dus nie baba aan die bors plaas nie, is altyd bekommerd dat hulle babas nie hierdie kiem-vegtende teenliggaampies sal kry nie, aangesien hul baba se spoeg nooit in aanraking kom met hul Montgomery Glands nie. 

Hulle hoef egter nie te bekommer nie, want ons Mamma-liggame mis niks! 

Daar word gesê dat indien 'n persoon in die nabyheid van 'n Mamma hoes of nies, haar liggaam daardie bedreiging tot haar baba se gesondheid optel en dadelik teenliggaampies begin produseer om haar baba te beskerm.

Selfs die impuls wat Moeders het om hul kinders te soen, is nie net bloot oor hulle so onweerstaanbaar oulik is nie, tydens elke soen doen jou liggaam 'n analise of jou kind nog gesond is. Daardie soene wat ons so graag op daardie pof wangetjies plaas, is dus belangrike mediese ondersoeke!

Iets ouliks wat ek gelees het omtrent Mammas wat eksklusief uitpomp vir hul babas, is dat party van hulle eenkeer 'n dag 'n bietjie van hul baba se speeksel oor hul areola smeer, net om seker te maak hul liggame weet as daar teenliggaampies benodig word.

Mammas wat gereeld melk uitpomp vir hul babas, het ook die geleentheid om te sien hoe hul melk verander van voeding tot voeding. Bv. Jou melk lyk meer waterrig as dit 'n warm dag is, daar is 'n groter vet lagie as jou baba deur 'n groei-fase gaan of net voor slaaptyd ens. Hul sien selfs al die kleure van hul melk bv. wit, geel, 'n pienk of groen skynsel, selfs blou!

Verder hoor mens ook altyd dat 'n borsvoedende Mamma moet "reg eet" om "goeie melk" te maak. Dit is egter snert.

'n Borsvoedende Mamma kan enige iets eet wat sy wil. Sy het nie nodig om enige spesifieke dieet te volg of selfs enige kosse uit te sny uit haar dieet nie.

Borsmelk word gemaak uit die hormoon, prolaktien, wat in 'n Ma se bloed voorkom en nie uit die inhoud van haar maag nie.

Ja, dis natuurlik altyd belangrik vir enige mens om 'n goeie gebalanseerde dieet te volg, maar die belangrikheid daarvan is nie meer, net oor jy borsvoed nie en jou melk gaan nie daaronder ly as jy dit nie volg nie.

'n Moeder se melk sal altyd perfek wees vir haar baba, ongeag wat sy eet of nie eet nie. Die gesonde dieet wat mens volg, is vir jouself en om jou lyf te onderhou, nie vir goeie borsmelk nie.

As daar wel 'n tekort is aan iets spesifieks, sal jy as Ma self daaronder ly, nie jou melk nie. Dis hoekom dit aanbeveel word vir borsvoedende Mammas om aan te hou met hul swangerskap vitamienes tydens borsvoeding. Bloot om Mamma se gestel 'n hupstoot te gee en oor Mammas met babas nie altyd tyd kry om 'n groot bord "gesonde" kos te kook, of selfs stil te sit en eet nie.

Nog 'n wonderlike eienskap van 'n Ma se liggaam, is dat indien jou baba iets benodig wat jy nie dadelik beskikbaar het nie, deursoek jou lyf jou vet store (Ja! Jy het reg gelees! Van jou vet gaan verdwyn!) vir die spesifieke item wat jou baba benodig. As jy dus 5 jaar terug 'n ekstra porsie van daardie heerlike slaai by die braai geëet het, al het jy geweet dit gaan waarskeinlik reguit heupe toe, dan gaan vind jou liggaam daardie lagie vet en breek hom af, om die vitamiene of element te vind wat jou baba benodig, en voeg dit dan tot jou borsmelk.

Verder is dit ook belangrik om te onthou; soos bo genoem, borsmelk word van die prolaktien hormoon in jou bloed gemaak en nie jou maag se inhoud. As jy dus 'n wortel geëet het, gaan jou melk nie noodwendig vir jou baba na wortel proe nie. Daar is wel bewys dat sekere kossoorte se geure deur filter na moedersmelk, bv. chilli, maar dis geen rede om die kossoort te vermy nie. Nes jou baba al daardie maande die verskillende geure kos geniet het toe hy / sy nog in jou magie was, geniet babas die geure van hul ma se borsmelk.

Om saam te vat, jou liggaam is soos 'n kruideniersware winkel. Jou baba kom gee sy / haar inkopie-lysie af by jou bors en jou liggaam gaan haal die benodigde items uit jou lyf, soms uit die stoor kamer (vet selle) en lewer dan die nodige kruideniersware aan jou baba tydens sy / haar volgende voeding. Jou kruideniersware winkel fasiliteer egter ook aanlyn inkopies (die honderde soene wat Mammas gee en die kieme wat sy rondom haar teekom elke dag).

Om 'n Ma te wees is veelysend genoeg, ons hoef nie nog te hoor dat ons 'n "spesiale dieet" moet volg vir goeie borsmelk nie. 

Selfs Mammas in hongersnood en armhoede wat nie elke dag iets het om te eet nie, kan hul babas suksesvol borsvoed. Daar was ook onlangs die kuberruim-artikel oor die borsvoedende Ma wat 16 grootmense vir 12 dae aan die lewe gehou het met net haar borsmelk, toe hul boot verlore was ter see! Sy self moes ook haar borsmelk drink, aangesien daar geen nat of droog beskikbaar was op die boot. 

Ek is ook seker die grot-vroue in die oer-tyd het nie elke dag 'n gebalanseerde dieet gevolg nie, hulle moes maar eet wat hul man mee huistoe kom, en ons almal weet hoe goed is mans met inkopies...

Indien jy graag meer wil leer oor moedersmelk ,borsvoeding, babas se slaappatrone, kinder ontwikkeling en 'n groot verskeidenhied ander belangrike onderwerpe, gaan kyk na / volg gerus my webtuiste of sosiale medias hier;

Webtuiste "Baby Guide for the Modern Mother": https://babyguideforthemodernmother.com/
Facebook:  https://www.facebook.com/babyguideforthemodernmother/
Twitter:  https://twitter.com/LetitiaVenter
Instagram:  https://www.instagram.com/letitia.v/
Pinterest:  https://za.pinterest.com/letitiaFV/

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account